" die ysterkoei moet sweet" [boodskap #117640] |
Tue, 17 June 2008 21:10 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Toe ek die eerste keer Breyten Breytenbach se titel
van sy eerste bundel lees, toe dink ek watter moderne
radikale titel dit tog nie was nie. Dit het my dus grootliks
verbaas toe ek nou die dag deur 'n versameling ou
Chinese sêgoed lees en die woorde daar in 'n Engelse
vertaling lees. Dis 'n versameling van taoistiese twee-
relige strofes, wat Zen monnike in Japan meer as
'n duisend jaar gelede bestudeer het. Breyten is al
vir baie lank 'n Buddhis, en dis dus nie verbasend
dat hy hierdie pad geloop het nie.
Gloudina
|
|
|